Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SUID-AFRIKAANSE RADIOLIGA NUUS VIR SONDAG 12 JANUARIE 2020

Goeiemôre en welkom by die weeklikse nuus uitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, gelees deur ________________________ (jou naam, roepsein en QTH)

Die Suid-Afrikaanse Radioliga saai elke Sondag nuus bulletins in Afrikaans sowel as Engels om 08:15 en 08:30 Sentraal Afrika Tyd onderskeidelik uit op HF sowel as op verskeie BHF- en UHF-herhalers. Hierdie uitsendings word ook via Echolink herlei deur Johan, ZS6JPL. ‘n Oudio opname sowel as ‘n teks weergawe kan van die Liga se webblad, www.sarl.org.za, afgelaai word, en jy kan ook daar inteken om nuwe bulletins per e-pos te ontvang.

In die nuus vandag:

DIE SARL WOENSDAG 80 M KLUB NAELLOOP OP 15 JANUARIE

DIE PEARS NASIONALE BHF/UHF KOMPETISIE VAN 17 TOT 19 JANUARIE

en

NASA TV-DEKKING VAN DRIE RUIMTE WANDELINGS IN JANUARIE

Bly ingeskakel vir meer inligting oor hierdie en ander interessante nuus items.

STIL SLEUTEL

Dit is met leedwese dat ons aankondig dat die sleutel van Barry Jackson, ZS2H op Sondagoggend 29 Desember 2019 stil geword het. Barry, 90 jaar oud, was 'n jarelange lid van die Port Elizabeth Amateurradiovereniging, 'n gerespekteerde amateur en motor entoesias.

Ons betuig ons innige meegevoel aan sy familie en vriende.

POUSE

DIE SARL WOENSDAG 80 M KLUB NAELLOOP OP 15 JANUARIE

Die eerste been van die Woensdag 80 m Klub Naelloop word op 15 Januarie van 17:00 tot 18:00 UTC aangebied. Die puntetelling het vanaf die Naelloop van 2019 verander, deurdat ruitvierkante in die berekeninge gebruik word en nie op die gebiede nie.

Die eerste been van die Woensdag 80 m Klub Naelloop word op 15 Januarie van 17:00 tot 18:00 UTC aangebied. Die uitruiling is 'n RS of RST-verslag en jou vier karakter ruitblok. Jy verdien 2 punte vir elke QSO wat gemaak word en 2 punte vir die eerste QSO met elke ruitblok wat gewerk word. Logstate in MS Excel-formaat ALLEENLIK moet teen 23:59 SAT op Sondag 19 Januarie ingedien word per e-pos aan zs4bfn@mweb.co.za. By die indiening van logstate moet dit deur die operateur hernoem word om sy/haar roepsein in te sluit. Die naam van die operateur se klub moet op die logstaat verskyn. Let daarop dat die Magalies ARK Woensdagaande om 17:30 UTC hul bulletin op 3 640 kHz uitsaai, vermy dus 3 640 kHz. Die volledige stel reëls is op bladsy 64 van die 2020 Blouboek.

DIE 432 MHZ TROPO REKORD IS OOK UITGEBREI

Op Saterdag 28 Desember 2019 het Ian, GM3SEK in die suidweste van Skotland, daarin geslaag om die Monte Verde Kompetisie klub, D41CV, op 432 MHz te werk om 'n nuwe wêreldrekord vir tropo op die band te stel. Die afstand vir hierdie FT8-kontak was n ongelooflik 4 562 km. In ag genome die feit dat dit aan die 70 cm-band was en dat die suid-weskus van Skotland een van die langste see paaie na die Kaap Verde-eilande is, het dit gelyk of dit 'n langtermyn rekord kan wees.

Dit sou egter nie gebeur nie, want 'n paar dae later op Woensdag 1 Januarie 2020, het Nick G4KUX in die distrik Durham in die noorde van Engeland daarin geslaag om ook D41CV in die Kaap Verde-eilande te werk. Hierdie FT8-kontak op 432 MHz stoot die rekord nog 80 km verder tot 4 644 km uit.

DIE PEARS NASIONALE BHF/UHF KOMPETISIE VAN 17 TOT 19 JANUARIE

Die PEARS Nasionale BHF/UHF-kompetisie word van 17 tot 19 Januarie oor twee sessies aangebied. Die eerste sessie van 22 uur begin om 16:00 UTC op Vrydag 17 Januarie en sluit om 14:00 UTC op Saterdagmiddag 18 Januarie. Die tweede sessie van 22 uur begin onmiddellik na 14:00 UTC op Saterdag en eindig om 12:00 UTC op Sondag 19 Januarie.

Jy kan deelneem as 'n basisstasie, 'n veldstasie, 'n klub/multi-operateur stasie, 'n Rover-stasie, 'n beperkte stasie of 'n 144,400 MHz en 145,500 MHz FM-stasie. Aktiwiteit met GG, ESB, FM en digitale modusse vind plaas op 6, 4 en 2 m, 70 en 23 cm. Alle ZR, ZS en ZU amateurs mag deelneem, sowel as amateurs van die ses buurstate, Namibië, Botswana, Zimbabwe, Mosambiek, Lesotho en eSwatini, en slegs kontak met hierdie state sal tel. Die uitruiling is roepseine, seinverslae en die ruitblokke.

Afsonderlike logstate is nodig vir analoog- en digitale QSOs. Jou logstaat moet die kategorie, jou naam en van, roepsein, ruitblok en e-posadres aandui. Dui op die logstaat die datum, tyd, frekwensie, roepsein van die stasie gewerk, seinverslae wat ontvang is en die ruitblok van die stasie gewerk. Logstate moet teen Vrydag 14 Februarie by contest@peham.co.za ingedien word. Die volledige stel reëls verskyn op bladsy 23 van die 2020 Blouboek.

Jy luister na 'n nuusbulletin van die Suid-Afrikaanse Radioliga.

DIE 2020 NASIONALE KONVENSIE

Die SARL 95 Nasionale Konvensie wat die Ontsluit Amateur Radio Tegnologie Simposium, die Algemene Jaarvergadering en die SARL 95 Dinee en Dans, word oor die naweek van 3 tot 5 April by die Wanderers Klub-fasiliteite in Johannesburg gehou. Die Sandton en Hammies ARKs bied die geleentheid aan.

NASA TV-DEKKING VAN DRIE RUIMTEWANDELINGS IN JANUARIE

Vier ruimtevaarders sal in Januarie buite die Internasionale Ruimtestasie vir drie ruimtewandelings waag om battery opgraderings te voltooi en herstelwerk aan 'n onskatbare kosmiese straal detektor te finaliseer. Ekspedisie 61 Vliegingenieurs Jessica Meir en Christina Koch van NASA is geskeduleer om op Woensdag 15 Januarie en Maandag 20 Januarie ruimtewandelings te doen om die vervanging van nikkel-waterstof batterye met nuwe litium-ioon batterye wat krag stoor wat opgewek word deur die sonpanele op die stasie se stut.

As aanvaar word dat die batterye werk soos voorgeskryf, sal die NASA-ruimtevaarder Andrew Morgan KI5AAA en die ruimtestasie bevelvoerder Luca Parmitano, KF5KDP van ESA (Europese Ruimte-agentskap) op Saterdag 25 Januarie die stasie verlaat om die installasie van die Alpha Magnetiese Apektrometer (AMS) se nuwe verkoelingstoestel en lyne wat in November en Desember begin is, te voltooi en bevestig dat dit gereed is vir gebruik.

Regstreekse dekking van al drie ruimtewandelings sal om 10:30 UTC op NASA Televisie en die agentskap se webwerf https://www.nasa.gov/live begin. Besoek http://www.nasa.gov/nasatv vir NASA-TV-stroom video, skedule en afskakel-inligting

SWITSERSE SPESIALE GELEENTHEID STASIE

Lede van die Association des Radio-amateurs de la Cote (HB9HI) sal die spesiale geleentheid stasie HE2JOJ tot 31 Januarie aktiveer om die 3de Winter Jeug Olimpiese Spele in Lausanne te vier. QSL via HB9HI, direk of deur die Buro. 'n Spesiale sertifikaat sal beskikbaar wees, al die inligting kan gevind word op www.hb9hi.ch/he2joj. Die Jeug Olimpiese Spele, 'n internasionale multisport byeenkoms wat deur die Internasionale Olimpiese Komitee gereël word, is daarop gemik om talentvolle jong atlete tussen 15 en 18 van regoor die wêreld bymekaar te bring. SARL Nuus is bewus van twee Suid-Afrikaners, van Lady Grey en Barkley-Oos, wat deelneem.

HF VOORTPLANTINGSVOORSPELLING

Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die verwagte sonaktiwiteitsvlak laag gaan bly. Tans is daar geen sonvlekke sigbaar nie. Diegene wat hulle eie frekwensievoorspellings wil doen, kan 'n verwagte effektiewe sonvlektelling van twee vir die week gebruik. Radio amateurs kan bruikbare DX openinge op die 15 tot 30 m bande verwag. Besoek gerus die webtuiste spaceweather.sansa.org.za vir meer inligting.

Nou die Dagboek van Gebeure vir die volgende paar weke:

15 Januarie - die SARL Woensdag 80 m Klub Naelloop
17 tot 19 Januarie - die PEARS Nasionale BHF/UHF-kompetisie
21 Januarie - die sluitingsdatum vir die indiening van die samevatting van referate vir die SARL 95 simposium en die Highway ARK vergadering
25 Januarie – die Somer QRP kompetisie en die Kaapstad ARS vergadering
31 Januarie – die sluitingsdatum vir AJV mosies, SARL Toekennings- en Raad nominasies.
1 Februarie - die SARL BHF/UHF QSO Geselligheid Party en registrasie vir die Mei RAE open
2 Februarie - AWA GG Aktiwiteitsdag
7 en 8 Februarie - Raadsvergadering by die NARS
8 en 9 Februarie - die SARL Nasionale Velddag

Om die bulletin mee af te sluit, ‘n opsomming van ons hoof berig:

Die eerste been van die Woensdag 80 m Klub Naelloop word op 15 Januarie van 17:00 tot 18:00 UTC aangebied. Die PEARS Nasionale BHF/UHF-kompetisie word van 17 tot 19 Januarie oor twee sessies aangebied. Vind die reëls op bladsy 64 en 23 van die 2020 Blouboek.

Dit bring ons aan die einde van hierdie bulletin.

Die Suid-Afrikaanse Radioliga se nuusdiens nooi klubs en individue uit om nuus brokkies van belang vir radio amateurs en kortgolf luisteraars in te dien. Plaas nuus berigte indien moontlik, in beide Engels en Afrikaans op die Suid-Afrikaanse Radioliga webtuiste onder die 'news inbox' skakel nie later as die Donderdag wat die bulletin datum voorafgaan nie.

Luister elke Sondagoggend om 10:00 Sentraal Afrika Tyd na "Amateur Radio Today". Daar is herleiding op 7 082 kHz laer syband en verskeie herleidings op BHF en UHF frekwensies regoor Suid-Afrika. 'n Heruitsending deur Andy, ZS6ADY vind op Maandae aande om 19:30 Sentraal Afrika Tyd op 3 620 kHz plaas. Ons ontvang graag jou seinrapporte, kommentaar en voorstelle, stuur 'n e-pos aan artoday@sarl.org.za.

Jy het geluister na 'n nuusuitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, saamgestel deur Dennis Green, ZS4BS, geredigeer deur Johan de Bruyn, ZS6JHB en gelees deur ...........................................................

Die Afrikaanse Nuusspan groet nou en wens jou ‘n voorspoedige week toe.


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003